My “journey” van mamma-wees

2019-04-08T12:38:16+02:00

Ek moet eerlik wees julle, ek is nuut op die ‘blog’ front en vra dat julle my asb sal genadig wees en tyd gee om saam julle te groei 😊  Ek is altyd oop vir konstruktiewe kritiek, so help my en gee advies as julle wil met liefde!  Ek mag met tye eerliker wees as wat ek moet, en ek praat uit die hart uit, so ek twyfel of my blog ń formele struktuur of tema gaan volg.

Om te begin het ons almal darem iets in gemeen, die begeerte om kinders te hê… of jy alreeds het en of jy graag eendag wil hê, die gedagte om ń mamma te wees groei in jou hart van ń jong ouderdom af…  Wel dit was waar vir my 😊   Vir sommiges van ons kom dit maklik en vir ander is dit bietjie, soms baie, moeiliker!  Ek het ń storie van my eie hier en sal dit graag binnekort deel.

Asseblief moenie perfeksie van my as ń mamma of mens verwag nie, want dan sal ek jou en myself keer op keer teleurstel.   Ek probeer beslis alles in my vermoë om die beste mamma te wees wat ek kan wees, maar ek maak ook foute…. ek breek ook soms daai “ek sal dit nooit doen nie”  idees, wat ek VOOR kinders gehad het.  Hemel, mens het soveel vooropgestelde idees voor jy eintlik kinders het 😅😁   Wie het al voor kinders na ń ander mamma gekyk wat op haar selfoon is en gedink “ek sal elke sekonde saam my kinders eendag waardeer, sy mors soveel kosbare tyd op haar foon”?   Ek het beslis. Maar vandag kyk ek soms na so mamma en besef DALK is daardie paar minute die ENIGSTE wegbreek wat sy in die dag het van kinders af, die enigste paar oomblikke wat sy vir haarself het en dan besef mens hoe vinnig mens oordeel.  Ek is ń voorstaander van kwaliteit tyd saam jou kinders, so moet asb nie dink ek praat dit goed nie, ek dink net mens oordeel soms te vinnig sonder om ń situasie te ken.

So gepraat van kwaliteit tyd.  Ek het hierdie laaste week weer iets besef, ń mens kan nooit ń dag, ń oomblik, ń kosbare herhinnering oorhê nie… laat jou kinders verf, laat hulle met water en in sand speel… LAAT HULLE VUIL WORD en nog meer belangrik, speel saam.

 

Gaan die wildvreemde man of vrou wat jou aankyk of jou kinders oordeel omdat hulle vuil is van belang wees 20 jaar van nou af?  Klere kan gewas word, maar daai oomblik sal jy nooit weer oorhê nie!! Moenie jou kind van jongs af selfbewus maak oor wat die wêreld van hom/haar dink nie. Laat hulle speel, laat hulle verken…. laat hulle kind wees vir so lank as wat hulle kan!  Hulle gaan vir lank genoeg groot wees, met grootmens verantwoordelikhede en hopeloos te bewus wees van wat die wêreld van hulle dink.

Ek ek sien uit om my “journey” van mamma-wees en my idees daar rondom met julle te deel 💖💙

Lekker week julle 😙

Liefde

Dunay

Save

Save

Save

WhatsApp chat