Sorina Erasmus2019-03-07T15:25:46+02:00
Sorina Erasmus - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Sorina Erasmus

Vrou  I  Mamma  I  Aktrise  I  Sangeres  I  Regte

Dis ‘n feit dat haar classy Flooze moves die kommin in jou uitbring en haar skerpsinnigheid is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank. Jy ken haar dalk nét as die “Hoezit my tjomma” goose, maar daar is ‘n dinamiese dame genaamd Sorina ágter die masker van die Flooze wat, met ‘n meestersgraad in regte agter haar naam, mense verras met haar ernstigheid en haar opregte menswees en wat ál meer geliefd raak by vertonings as sangeres of op die kassie as aktrise.

Dié Pretorianer was ook aanbieder van die onlangse Kyknet reeks Sprokiesbruilof waar sy kon wegbreek van die kenmerkende rooi leerbaadjie en die snaakse Flooze fieterjasies om mense te wys dat sy as Sorina net ‘n gewone vrou, Mamma en mens is wat omgee vir ander en lewe vir haar twee krulkop kinders.

Sorina se Vlogs

WhatsApp chat