Quinne Brown2019-03-07T15:23:39+02:00
quinne brown

Quinne Brown

Vrou  I  Mamma  I  Aktrise  I  Doula

Quinne het die eerste keer ma geword in April 2011. Die dag toe sy besef sy is swanger, het sy met ‘n slag aarde toe gekom, sê sy. Die skielike gewaarwording van wat dit beteken om “’n mens te maak” en die blote omvang van daardie verantwoordelikheid het haar oorweldig en stom geslaan.

Toe Quinne agt maande swanger was, het sy en haar man, Ryan, ‘n Amerikaner boonop besluit om van stede te verskuif en na San Diego te verhuis: nuwe huis, nuwe gemeenskap, nuwe lyf, nuwe lewe! Te midde van dit alles begin sy so haar nuwe loopbaan as ma.

Na 5 jaar in San Francisco, waar sy as aktrise, kelnerin, sake-vrou en drama-juffrou gewerk het, was San Diego en haar nuwe rol vir haar ‘n groot aanpassing. Moederskap was nie aldag maklik nie. Stadig maar seker het sy wel haar voete gevind, en die nodige hulp gesoek en gekry. Na Charlotte se geboorte was die onbekendheid en die enorme verantwoordelikheid van ma-wees sonder haar familie en haar mense, vir haar ‘n baie groot uitdaging terwyl sy die donkerte van die pad deur depressie geloop het. Die waarde wat sy uit die bystand van ‘n Doula tydens Charlotte se geboorte ervaar het, het haar laat besluit om self as ‘n Doula te sertifiseer sodat sy ander nuwe mammas en ouers emosioneel, fisies en met relevante inligting gedurende die kraam- en geboorteproses kon by staan. Gou besef sy dat dit haar ware passie is – om jong ouers te ondersteun en as ‘n soort geboorte “afrigter” in te staan. Dit maak ‘n hele nuwe wereld vir haar oop. In drie jaar ondersteun sy meer as ‘n dosyn ouer-pare in San Diego en beleef ook self Lara se watergeboorte by haar huis.

Tog het Suid-Afrika deur die jare altyd na haar bly roep – haar hartsland, haar geboorte plek. Dit is waar haar mense is en die landskap wat haar siel laat rus. So, na tien jaar, kom sy saam met haar twee dogters, Charlotte en Lara, en haar Amerikaanse man, Ryan, terug Johannesburg toe. Lara, haar jongste, is nou drie jaar oud en dit was kort voor haar koms wat hulle besef het hulle wil terugkeer Suid Afrika toe.

Nou is Quinne terug voor die kameras as aktrise by 7deLaan, waar sy weer die rol van Connie speel en nuwe aanpassings as werkende ma maak. Nogtans, bly dit haar passie en haar eerste liefde om met nuwe mammas te werk deur tyd van verandering en transformasie. Sy beskou dit as haar roeping om vroue en nuwe ouers deur die groot veranderinge in hul lewens by te staan en sy deel graag haar stories en gewaarwordinge as ma en vrou.

Quinne se Blog inskrywings

WhatsApp chat