Mandi du Plooy-Baard2019-03-07T15:20:52+02:00
Mandi du Plooy-Baard - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Mandi du Plooy-Baard

Vrou  I  Mamma  I  Aktrise  I  Aanbieder  I  Stemkunstenaar  I  Radioomroeper

Mandi du Plooy Baard het haar merk in die vermaaklikheidswêreld gemaak op die ouderdom van 5 met stemwerk & as die rol van Muggie in die reeks Saartjie. Sedertdien was sy in verskeie reekse te sien. Haar mees bekende rol, was sekerlik Lara in die Sepie Egoli. Na haar 6 jaar Egoli avontuur het sy ook in Binnelanders, 7de Laan, Sink, ens verskyn & het sy het ook by die Kwêla-span aangesluit as aanbieder.

Vandag is Mandi ‘n Vryskut aktrise, aanbieder, stemkunstenaar & radioomroeper. Sy is ook mamma vir Jeandré (4) & Sumé (2), vroulief vir Schalk & ‘n slaapkonsultant vir Baby Love.

Haar kursus, TALENT INITIATIVE, wat op al die elemente van die vermaaklikheidswêreld fokus, skop in Januarie 2018 af. Hiermee wil sy “terugploeg” & jongmense voorberei op die industrie.

Mandi het ‘n passie vir die industrie, vir haar familie, vir die lewe & vir haar Hemelse Vader. Sy lewe elke dag voluit & wil nooit ophou leer, “leef” en groei nie!!

Mandi se Blog inskrywings

WhatsApp chat