Juanli Theron2019-03-07T15:19:00+02:00
Juanli Theron - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Juanli Theron

Mamma  I  Beroepsvrou  I  Blogger

Juanli het nog altyd geweet sy wil eendag ‘n mamma wees. As die oudste dogter aan beide kante van haar familie en ‘n bossypants van – letterlik – kindsbeen af, was (is) sy ‘n tipiese pliggie met ‘n sterk persoonlikheid, ‘n opinie oor al wat ‘n ding is, en ‘n hardkoppige geneigdheid om leiding te neem.   Al hierdie karaktertrekke het haar vanselfsprekend ‘n vreeslike catch gemaak, en o-so-maklik om mee saam te leef … nie! Dit sou ‘n spesiale tipe man vat om van Mej. Hardkoppig ‘n Mevrou te maak en sy is vir ewig dankbaar om te kan sê hy’t haar gevind. Juanli is vir die afgelope sewe jaar al getroud met Tim Theron (‘n akteur en filmmaker), en saam is hulle die ouers van Sophia (3) en Migael (amper 1), twee woelige – maar kostelike – klein kreatuurtjies vol draadwerk en dinge.   Juanli skryf en praat en kommunikeer met oorgawe. In die daglig is sy die Hoof van die Tolkdiens by die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum. In die maanskyn sing sy haar kinders aan die slaap en probeer wakker bly om saam met Tim TV te kyk (laasgenoemde met wisselende sukses).   Eerlikheid (en daai soetsappige Ingelse woord, “authenticity”) is vir haar ononderhandelbaar, en Juanli probeer elke dag benader met ‘n goeie skoot realisme (en sarkasme) oor waaroor die lewe werklik gaan. Sy glo ons is dit aan onsself verskuldig om te leer wie ons is, en ons werklike identiteite met mekaar te deel, so sy sê graag wat sy dink en voel, hoopvol in die wete dat selfs net een ander mens dit dalk met haar sal deel.

Juanli se Blog inskrywings

WhatsApp chat