Janine Habana2019-03-07T15:16:06+02:00
Janine Habana - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Janine Habana

Vrou  I  Mamma  I  Entrepreneur  I  Fiksheidsinstruktrise I  Welstandkenner

Ambisieuse Entrepreneur, BSc Sportwetenskap Honneurs Gegradueerde, Fiksheids Instruktrise, Welstand-kenner, Passievolle Mamma en Getroud aan een van die mees legendariese rugbyspelers in die geskiedenis van Suid Afrikaanse sport.

My passie vir die welstand van vroue is iets wat al sedert my Universiteits-jare in my broei. My liefde vir wetenskap het my gelei tot die Universiteit van Johannesburg waar ek my eerste van vele doele bereik het: My honneurs graad in BSc Sportwetenskap. Dit was tydens hierdie seisoen van my lewe wat ek die voorreg gehad het om hard te werk, my drome kon laat vlerkvat en laat groei, en met vroue van alle ouderdomme te kon werk om hulle te assister tot ‘n gesonder leefwyse. Later was ek gelukkig genoeg om onder die vlerke van die sensasionele vroedvrou Tina Otte te kon studeer het, en so het my passie vir swanger vroue vlam gevat.

Toe trouklokke vir my en my liefling-man in 2009 lui, het ons kort daarna verhuis na die mooie Kaap, waar ek my tweede doel bereik het: Om voor die ouderdom van 30 my eie welstand/fiksheid sentrum vir vroue en swanger vroue te stig, waar ek daagliks my talente kon uitleef om vroue (swanger en ook nie) se fisiese en emosionele welstand van krag tot krag te neem. Drie jaar later roep die rugby wereld my man Europa toe, en moes ons onverwags verhuis Frankryk toe. Gelukkig het my puik span dames die sentrum aan die gang gehou en het ons ons tassies gepak vir die nuwe avontuur wat voorle. Min het ons geweet dat die dag wat ons in Frankryk aankom, ek swanger sou wees…

En so begin toe ‘n hewige avontuur waaroor daar nog vele artikels op hierdie einste webblad gaan wees. ‘n Avontuur wat elke hoofstuk van my lewe my voor voorberei het – van swangerskap, fiksheid, lewensbalans, kos, moederskap en welstand! Al die temas wat daagliks op ons dames se gedagtes is.

In my huis is my man ‘n suksesvolle warrelwind en ek het gekies om die stabiliteit te bring tot ons huishouding deur ‘n ondersteunende rol in te neem. Maar hoe wonderlik is dit nie dat ons in ‘n era leef waar ons (al is jy die steunpillaar of huisvrou in jou huishouding) nogsteeds die vryheid en geleentheid kan he om jou ambisieuse drome na te volg. Ek hoop ek kan in die toekoms al ons lesers inspireer om hulself te prioritiseer, lief te he, lekker te oefen en die beste weergawe van hulself te wees.

Janine se Blog inskrywings

WhatsApp chat