Dunay van Heerden2019-03-07T15:09:47+02:00
Dunay van Heerden - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Dunay van Heerden

Vrou  I  Mamma  I  Dogter  I  Sakevrou

Dunay van Heerden is eerstens ń vrou, ń mamma en ń dogter, die 3 rolle wat sy die heel belangrikste ag bo enige iets!

Sy het op 18 jarige ouderdom modelwerk en skoonheidskompetisies begin doen en het Suid Afrika op 3 geleenthede internasionaal verteenwoordig in Hongarye, Malta en Reno Nevada.  Sy was een van die modelle in die Mnet televisie reeks “Deal or No Deal” en het al saam Charlize Theron in ń Sun International advertensie verskyn.  Sy was al in verskeie tv advertensies en het al op menige tydskrif voorblaaie verskyn.

Sy het haar man, die sanger Kurt Darren ontmoet toe sy in sy musiekvideo vir “Staan op” verskyn het en vandag is hulle al 13 jaar saam, 6 jaar daarvan getroud en 2 pragtige kinders later, Kyrah (amper 3) en Kade (11 maande).

Dunay het al haar lewe lank ń passie vir kinders, en buiten dat sy nog altyd geweet het dat sy begeer om ń mamma te wees, het sy ook geweet dat sy graag met kinders sal wil werk.  Sy het Sielkunde studeer met ń fokus op spelterapie en het haar meestersgraad in 2014 verwerf.

Dunay se Blog inskrywings

WhatsApp chat