Die Naguilklub2019-07-24T09:38:09+02:00

Die Naguilklub

Sorina Erasmus - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel
Sorina Erasmus - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel
Sorina Erasmus - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Die Naguilklub is ‘n ‘digital village’ en inspirasie-stasie waar ons as ouers (ma’s én pa’s) ons stories en staaltjies kan uitruil. Ons deel met mekaar om sodoende minder alleen – en miskien ook ‘n klein bietjie meer normaal – te kan voel en by mekaar te leer. Ons beweging het ontstaan omdat vier verskillende ma’s, elkeen met haar eie unieke perspektief en lewensuitkyk, ongefilterd met mekaar begin gesels (en ook soms gestry!) het oor ons uitdagings, vreugdes en vrae. Wat begin het by Whatsappgeselsies tydens middernagtelike ‘pyjama-drills’, het genadiglik ook oorgeskakel na meer beskaafde middel-van-die-dag-gesprekke. Die spasie het ‘n oase geword waar ons hardop kon wonder terwyl ons wag vir die ketel om te kook – al die pad van Pretoria tot in die Kaap. Ons het vinnig besef dat hierdie behoefte van ons universeel is vir alle ouers. Dit was tyd om almal in te nooi om saam te kom gesels.

As hierdie droom van ons wérk, sal ons as ouers voel dat:

  • ons almal op die regte spoor is
  • daar geen veroordeling vir mekaar meer oor is nie;
  • ons almal normaal is en
  • ons elkeen besig is om presies te word wat ons kinders van ons nodig het om te wees.

Die Naguilklub beteken jy’s nooit weer alleen nie – nou’s ons almal in dieselfde klub! Kom loer dus enige tyd in vir interessante leesstof, kykstof en stories om jou lewe mee in te kleur, en kom verryk ons ook met jóú wedervaringe en verhale.

Vind ons:

  • www.dienaguilklub.com
  • Facebook en Instagram: @dienaguilklub
  • In ons rubriek in die Finesse
  • Maandagoggende om 08:20 op Radio Helderberg 93.6 fm
WhatsApp chat