Aletté-Johanni Winckler2019-03-18T16:04:50+02:00
Alleté-Johanni Winckler - Mammas 24/7 | Blog & Aanlyn Winkel

Aletté-Johanni Winckler

Vrou I Mamma I Motiveringspreker I Beeldkonsultant I Sakevrou

Alhoewel Aletté Winckler met die bekende sanger Heinz Winckler getroud is, is sy sterk gevestig as glanspersoonlikheid in haar eie reg.

Hierdie joernalistiek gegradueerde is ‘n twee maal Beste Verkoper skrywer, motiveringspreker, liedjie skrywer, TV aanbieder, stylkonsultant en het onlangs die Hoofuitvoerende Beampte van “The South African Image Academy” geword.

Sy het reeds 3 boeke die lig laat sien – motiveringsboeke spesifiek op die vrou gemik. Sy en haar beste vriendin, Sumari Schoeman, het ‘n Lulla-Baai reeks wat bestaan uit 4 cd’s en 2 dvd’s en Aletté se Lulla-Bybel/Lulla-Bible het al meer as 39 000 kopiee in Suid-Afrika,die VSA, Australie en die UAE verkoop. Alette was die aanbieder van “Hou Op Wegsteek”, haar eie stylprogram op DSTV kanaal 147.

As motiveringsspreker reis sy die land vol om veral vroue se “issues” en seer aan te spreek, en hulle te inspireer om hul God gegewe potensiaal en talente te bereik en uit te leef. Sy deel op haar unieke humoristiese manier uit haar eie lewenservaring en bring ‘n vars perspektief deur absoluut haarself te wees. Sy is passievol oor die lewe en dit maak ‘n groot impak op elke vrou wat haar pad kruis. Aletté glo dat skoonheid van buite begin met skoonheid van binne.

As voorkomskonsultant spesialiseer sy in een dag “makeovers” en het haar studio ingerig om ‘n “one stop shop” te wees vir die styl-en kleur analise, sowel as hare en grimering wat deur Vicki Van Wyk behartig word.

En aangesien ‘n volle “makeover” nie almal se sak pas nie, en sy ‘n hart het vir alle vroue, het sy opgekom met die Supergroep model. Met hierdie unieke groep benadering kry elke vrou ‘n professionele styl-en kleur analise en al die basiese kennis oor hoe om haar beste te lyk, vir ‘n fraksie van die prys van ‘n volle “makeover”.

Alette en Heinz is die trotse ouers van drie pragtige seuns, Lian, Simeon en Reuben. Hulle woon in Somerset Wes.

Aletté-Johanni se Blog inskrywings

WhatsApp chat