Blog vir besige mammas

2019-04-08T13:29:29+02:00

Blog vir besige mammas.

 

Almal van ons droom om elke dag met die die perfekte hare en grimering wakker te word (soos in die movies) en dan ook nog super-hot te lyk in jou man se knopieshemp (waarin ons mos elke aand slaap J) én dan nog die perfekte lang bene te hê wat daaronder uisteek soos wat ons tassies pak en kos pakkies regkry vir skool. I mean, I wish. Die drie mammas op hierdie groep van derduisende wat hierdie actually regkry word beny en kom ons sê dit maar hardop, die res van ons hou nie van julle nie ;-0 (EK JOKE NET!)

 

Elke liewe vrou daarbuite het die behoefte om geliefd, aanvaar en benodig te voel. Vandat ons ‘n klein dogtertjie was het ons voor ons pappas gedans om sy aandag en aanvaarding te kry. Ons eie dogtertjies doen dit self. Maar waarom? Ek glo dat elke liewe baba dogtertjie gebore word om die liefde, tas en aanvaarding van ‘n man af te kry en ek glo ook tot daardie dogtertjie +-18 jaar oud is is daardie liefde, tas en aanvaarding veronderstel om van ons pappas af te kom. Nou kom ons wees eerlik, meeste van ons het nie noodwendig daardie opsie gehad toe ons groot geword het nie, want ons pappas het nie noodwendig daardie kennis gehad nie. Maar kom ons kies om nie die slagoffers van ons grootwordjare te wees nie maar eerder om dinge anders te doen met ons kinders en vir hulle van jongs af te leer hoe waardig hulle is vir liefde en aanvaarding!

 

Ek dink wat elke liewe mamma daarbuite moet hoor is dat jy waardig is om mooi te lyk. Jy is waardig om klere aan te trek wat jou lyf pas en jou gaan laat great voel oor jouself. Jy is waardig om mooi grimering aan te wend wat jou alreeds mooi eienskappe net gaan beklemtoon. Jy skuld dit aan jouself, en indirek skuld jy dit ook aan jou man en jou kinders. Ek is die eerste een wat weet dat wanneer ek nie goed voel oor hoe ek lyk nie ek dit dadelik sal uithaal op my man en kinders. Maw my huwelik en my familie lei onder my eie issues en onsekerhede? Dit is mos nie regverdig nie! Daarom wil ek julle vandag inspireer om te kies om elke dag die mooiste vrou vir jou man te wees wat jy moontlik kan wees!

 

Ek wil jou inspireer om elke dag jou kinders se aandag te trek omdat jy nie net die mooiste mamma daarbuite is nie, maar omdat jy goed voel oor jouself en ook die beste moontlike mamma vir jou kinders kan wees.

 

Volgende keer vertel ek julle hoe ons dit kan regkry…

 

Groete

#momofboys

Save

Save

WhatsApp chat